Home > Όροι > Afrikaans (AF) > Foramen

Foramen

Opening in 'n been of skulp waardeur 'n spier, ligament of senuwee loop; fenestra: Foramen caecum, doodlopende holte, soos dié aan die agterkant van die tong; ook, gang tussen die hanekam (crista galli) van die sifbeen en die voorhoofsbeen van die skedel, wat dikw. 'n emissarium deurlaat. Foramen ethmoidale, sifbeengat. Foramen magnum, groot opening in die agterhoofsbeen waardeur die rugmurg loop om die verlengde murg te word; agterhoofsgat. Foramen mandibulare, onderkeelgat. Foramen mentale, kengat. Foramen nutricium, voedingsgat. Foramen obturatum, groot opening tussen die skaambeen en die sitbeen; verstopte gat. Foramen ovale, (i) opening in die tussenwand tussen die voorkamers van die hart, gew. net in die fetus oop; (ii) ovale opening in die groter vlerk van die wigbeen vir deurgang van die onderkaaksenuwee. Foramen parietale, derde-ooggat. Foramen rotundum, ronde gat. Foramen spinosum, doringgat.

0
  • Μέρος του λόγου: noun
  • Συνώνυμο(α):
  • Blossary:
  • Κλάδος/Τομέας: Biology
  • Category: Anatomy
  • Company:
  • Προϊόν:
  • Ακρώνυμο-συντόμευση:
Προσθήκη στο Γλωσσάρι μου

Τι θέλετε να πείτε;

Πρέπει να συνδεθείτε για να δημοσιεύσετε σε συζητήσεις.

Ορολογία Ειδήσεων

Featured Terms

Collin Koortzen
  • 0

    Όροι

  • 1

    Γλωσσάρια

  • 5

    Οπαδοί

Κλάδος/Τομέας: Υγεία Category: Diseases

Dansraserny

Dansraserny is 'n abnormaal hewige danslus, danswaansin, tarantisme of danswoede. 'n Manie gekenmerk deur 'n onbeheersde impuls om te dans, veral ...

Συμβάλλων

Διακεκριμένα γλωσσάρια

Misc

Κατηγορία: Other   1 50 Όροι

Most Venomous Animals

Κατηγορία: Επιστήμη   2 5 Όροι